LUKAS KRUGER
verhale wat fokus op die positiewe
Daar kom ‘n tyd dat ‘n mens gaan stilstaan, terug kyk oor jou lewe en wonder oor hoe jy dit tot hier gemaak het. Wanneer daardie oomblik aanbreek, kom die besef: Ek was nooit alleen nie.
Biografie
|
Lukas Kruger is gebore in Germiston en het grootgeword in Vereeniging. Na skool is hy weermag toe en het die militêre omgewing na tien jaar verlaat. Gedurende hierdie tyd is hy getroud en het een dogter, Janine. Gedurende die vroeë 2000’s raak hy betrokke in die eiendomswaardasie professie waarin hy steeds betrokke is, hoewel in ‘n meer beperkte hoedanigheid Hy was bevooreg om drie keer Botswana op Christelike uitreike te besoek. Die behoefte van mense om bereik te word asook die bevrediging wat dit bied om die Boodskap te deel, was opvallend. Behalwe vir sy vrou, kind, familie en vriende, is hy passievoel oor sendingwerk en die natuur. Hierdie dinge vorm die fokus van sy skryfwerk. |
Volgende?
Paul Wessels en sy vriende is oud-soldate wat by ‘n sendingorganisasie aansluit na hul diensplig. Hierdie organisasie doen Bybelverspreiding hoofsaaklik in lande waar Christene vervolg word. Dis nie ‘n maklike taak nie, maar klein en groot wonderwerke laat hulle deurentyd besef dat God in beheer is.
Die boek sal waarskynlik gedurende 2026 vrygestel word.
